Bubo capensis Cape Eagle-Owl Kaapse Ooruil
Standvoël? In die Marakele Nasionale Park is daar waarskynlik 'n klein geïsoleerde groep; min inligting beskikbaar oor hulle voorkoms alhier. Vroegwinter word hul teenwoordigheid teen skemer verraai deur die diep hoe-hoeee-hoe-roep.