Poicephalus meyeri Meyer's Parrot Bosveldpapegaai
Diepdrif, Apr 2022
Standvoël. Skaars en grootliks beperk tot die suidwestelike en noordwestelike grense van die Waterberge, veral te sien waar hoë apiesdorings groei (waargeneem in 15% van die pentads); enkel, in pare of klein swerms; teenwoordigheid word dikwels verraai deur skril roep. Broei laatsomer.
Donkerpoort, Jan 2018
RunduBundu, Aug 2010
Besig om die nes te verlaat wat oorspronklik deur 'n Baardspeg in 'n kragpaal gemaak is.