Netta erythrophthalma Southern Pochard Bruineend
Vaalwater, Jan 2019
Swerwer. Enkel voëls of klein groepies verskyn van tyd-tot-tyd op plaasdamme, meestal in die suidooste; in 10% van die pentads waargeneem. Daar is geen bewys dat hulle hier oorstaan of in die streek broei nie, maar in goeie reënseisoene broei hulle in groot getalle in die nabygeleë vloedvlakte van die Nylrivier.
Moorddrift, Aug 2015