Bostrychia hagedash Hadeda Ibis Hadeda
Melkrivier, Feb 2018
Standvoël. Algemeen en wydverspreid, waargeneem in 92% van die pentads. Hul teenwoordigheid gaan nie ongesiens verby nie gegewe hul kras geroep en opvallende gedrag – gapings op die kaart is eerder as gevolg van gebrekkige waarneming as afwesigheid. Verspreide pare kom in die somer voor (wanneer hulle broei) en in die winter ook in groepe of swerms.