Ardeola ralloides Squacco Heron Ralreier
Alma, Jan 2019
Ongereelde besoeker. Enkele voëls en klein groepies kom meestal in die somer voor. Hulle kan gewoonlik langs riviere gesien word in oorstroomde gras- en biesie-areas. ’n Skugter spesie wat gewoonlik net in vlug sigbaar is. Broei nie in die Waterberge nie maar in goeie reënseisoene broei hulle in die nabygeleë vloedvlakte van die Nylrivier en dit is waarskynlik die oorsprong van hierdie area se besoekers.
Modimolle, Jan 2018
Modimolle, Nov 2015