Bubulcus ibis   Western Cattle Egret  Veereier (Bosluisvoël)
Veereier Bosluisvoël
Vaalwater, Okt 2018

Algemene somerbesoeker meestal tussen Oktober en April met af-en-toe enkeles wat hier oorwinter. ‘n Nie-waterlewende reier en voed op insekte. Hulle gebruik vee en wild om insekte op te jaag. Inligting versamel van geringde voëls, dui daarop dat die plaaslike bevolking in die trope gaan oorwinter. Hulle is swermgebonde voëls wat betref sosialisering, weiding, slaapplek en broeigewoontes. Tydens bogemiddelde reënval bou hulle nes saam met ander sosiale voës en daar is ’n hele aantal gevestigde broeiplekke versprei deur die Waterberge.
Veereier Bosluisvoël
Vaalwater, Jan 2019
Veereier
Modimolle, Des 2014
Western Cattle Egret roost
Modimolle, Nov 2014

tuis       home      voëllys      next