Spinnekoppe: Familie Pisauridae
Algemene naam: Visvangspinnekoppe, kinderkamer-webspinnekoppe, tregterwebspinnekoppe. Groot kosmopolitaanse familie – in Suid-Afrika is daar 12 genera en 36 spesies. Sommige pisaurids spin webbe en ander is vrylopend. Lyfgrootte 8-30 mm en die mannetjies is slanker. Webbe wissel van plaatwebbe met tregtervormige skuilings tot plaatwebbe op plante of op die grond. Vroegoggend kan die webbe gesien word as die son daarop skyn. Pisaurids kom in verskeie habitatte voor. Die wyfie dra die eiersak onder haar borsbeen totdat die kleintjies moet uitkom. Dan spin sy 'n raamwerk van sy waarin sy die eiersak deponeer. Dit staan bekend as die kinderkamerweb. Die klein spinnekoppies bly in hierdie kinderkamer tot hulle gereed is om uit te beweeg. In hulle poging om die kleintjies te beskerm, kan die wyfies soms van honger doodgaan. Skadeloos vir die mens. Voorkoms: baie algemeen. (Marita Beneke)
Hou die loper oor 'n foto vir die spesienaam; kliek op die foto vir meer detail oor die spesie.