Vidua funerea Dusky Indigobird Gewone Blouvinkie
Waarskynlike standvoël wat hier broei. Skaars en gelokaliseerd, te kry in boomryke boskasies met welige gras langs dreineringslote (waargeneem in 12% van die pentads); in pare of klein groepies; word maklik verwar met die Witpootblouvinkie en dalk word sommige (of die meeste?) van die waarnemings aangesien vir die meer bekende spesie. Parasiteer Kaapse Vuurvinkie.