Hippolais olivetorum   Olive-tree Warbler  Olyfboomsanger

Olyfboomsanger
Lephalale, Mar 2020

Nie-broeiende somerbesoeker vanaf die Palearktiese gebiede, hier teenwoordig tussen Nov en Mrt. Doringveldspesie, ylverspreid en plek-plek in die omliggende doring-grasveld met slegs 'n enkele rekord in die Waterberge; in die Lephalala-omgewing in Des 2008. Skugter, alleenspesie, verkieslik in digte akasiabosse (veral Vachellia tortilis en Senegalia mellifera), sy teenwoordigheid word verraai deur die gutturale, borrelende sang; word maklik misgekyk.
Olive-tree Warbler Waterberg distribution

tuis       home      voëllys      next