Sylvia communis Common Whitethroat Witkeelsanger
Mbizi Lodge, Jan 2020
Nie-broeiende somerbesoeker vanaf die Palearktiese gebiede, hier teenwoordig tussen Nov en Mrt. Yl waarnemings regoor die Waterberge en in die omliggende doring-grasveld (waargeneem in 4% van die pentads); skugter spesie, kom alleen voor in doringveld-gebiede; sy teenwoordigheid word verraai deur sy borrelende sang; word waarskynlik baie misgekyk.