Cuculus clamosus Black Cuckoo Swartkoekoek
Bokstoot, Nov 2014
Somerbesoeker wat hier broei en teenwoordig tussen Okt en Mrt. Redelik algemeen en wydverspreid oor die Waterberge, minder egter in die omliggende doringgrasveld (59% in, 41% uit; opgeteken in 53% van die pentads). Verkies beboste gebiede en die mannetjie verraai sy teenwoordigheid deur sy treurige “Ek’s so siek” roep. Broei in die somer en parasiteer by voorkeur die Rooiborslaksman.