Burhinus capensis Spotted Thick-knee Gewone Dikkop
Dinaka, Jan 2019
Standvoël. Skaars. Kom voor oor 'n wye gebied maar ylverspreid oor die Waterberge, tipies op uitgewerkte lande met kort grondbedekking (waargeneem in 33% van die pentads); in pare of in familieswerms na die broeiseisoen; hul teenwoordigheid word dikwels teen skemer verraai deur stygende en dalende fluitroep. Broei vroegsomer.
Moletadigkwa Wildlife Sanctuary, Aug 2018
Modimolle Okt 2018
Modimolle Okt 2018
Die patroon op die eiers verskil duidelik van dié van die Waterdikkop.