Kaupifalco monogrammicus Lizard Buzzard Akkedisvalk
Kamonande, Mar 2021
Skaars standvoël. Kom oor ’n groot gedeelte van die Waterberge voor maar is yl gesaai, minder so in die omliggende doring-grasveld (77% in die Waterberge, 23% in die omliggende doring-grasveld,waargeneem in 37% van die pentads); broei in breëblaar bosgebiede maar beweeg na die ooptes wanneer hulle jag; slegs een word gewoonlik gesien, sit langs paaie op telefoonpale of kragdrade; in pare gedurende broeityd; word meer gereeld in die winter gesien (Apr tot Aug) as in die somer (Sept tot Mrt, in verhouding 6:17) wat aandui dat daar meer voëls in die winter inbeweeg in die gebied. Broei vroeg-somer.
Kwaggashoek, Okt 2020
Paardeplaats, May 2018
Waterberg Farmstay, Nov 2017
24 Riviere, Nov 2019