Haliaeetus vocifer African Fish Eagle Visarend
Kaingo Private Game Reserve, Jul 2020
Standvoël. Redelik algemeen en is wyd waargeneem in die Waterberge (waargeneem in 59% van die pentads); permanente pare te vind by alle groter damme en langs groter rivier –die neste van elf pare is bekend en na raming kan daar nog ongeveer 'n verdere 20 of meer neste wees. Slegs een word gewoonlik gesien; vlieg baie hoog, soms baie ver van water af; word meer dikwels gehoor as gevolg van hulle kenmerkende roep. Broei in die winter en gebruik gewoonlik dieselfde nes as vorige jare.
Modimolle, May 2016
Kaingo Private Game Reserve, Apr 2018
Alma, Jul 2018
Volwassene op nes hoog in ‘n Bloekomboom.
Boschdraai, Okt 2018