Hieraaetus wahlbergi Wahlberg's Eagle Bruinarend
Modimolle, Jan 2018
Gereelde somerbesoeker. Swerwers wat plaaslik broei kom wydverspreid oor die Waterberge voor (reeds in 37% van die pentads waargeneem). Arriveer laat Aug en keer dan gewoonlik terug na die vorige jaar se nes. Saam met dieselfde maat as die vorige jaar word die nes herstel of word 'n nuwe een daar naby gebou. Een eier word laat Sep tot vroeg Okt gelê en die jongeling verlaat die nes gedurende Jan. Gedurende Mrt-Apr verlaat die voëls die area en vertrek na warmer oorde. In 2017 is ’n voël naby Lephalale toegerus met ’n GPS. Hy verlaat op 23 Mrt die gebied en vlieg 2 122 km ver in slegs 7dae tot anderkant die ewenaar en spandeer die wintertyd tussen Tsjaad en Suid-Soedan. Op pad terug suidwaarts verdwyn hy. Volgens berekeninge broei daar tussen 100-150 pare in die Waterberge.
Ticaboo Game Reserve, Mar 2020
Bateleur Nature Reserve, Sep 2019
Modimolle, Sep 2018
Hierdie is ’n tipiese nes met die kop van die kleintjie net-net sigbaar. Altwee pare bou aan die nes in die mik van ’n hoë boom, gewoonlik die hoogste in die omgewing. Gewoonlik, soos in hierdie geval, ’n Boekenhout. Goeie neste word jaarliks hergebruik maar soms word daar tussen verskillende neste gekies. Die nes is kleiner as dié van ander arendspesies en kan maklik vanaf ’n afstand uitgeken word. Een eier word Sep-Okt gelê en die jongeling verlaat die nes gedurende Jan.
Lindani, Feb 2018
Lindani, Feb 2018
Modimolle
Ongewone ligte vorm. Hierdie wyfie broei al verskeie jare buite Modimolle.