Aquila verreauxii Verreaux's Eagle Witkruisarend
Dinaka Game Reserve, Apr 2025
Standvoël. Neste word teen kranse gebou en monogame pare broei jaar na jaar in dieselfde nes. Sover bekend word die nes op die foto langsaan steeds sedert 1960 gebruik. Daar is ongeveer 20 tot 30 gereelde broeipare in die Waterberge veral aan die Sandrivierberghange vanaf Marakele tot Hanglip. Die neste is 5-20 km van mekaar en noordwaarts langs die eskarp sover as Masebe, met ylgestrooide neste op ander plekke. Buite broeityd word indiwidue wydverspreid aangeteken, soms baie ver van die naaste bekende broeiplekke. Hulle is in 24% van die pentads waargeneem.
Moonriver Mountain Retreat, Jan 2023
Mokolo Dam, Aug 2020
Waterval, Mei 2018
Bokpoort, Mar 2020
Dinaka, Jan 2018
Broei in die winter, lê eiers in Apr-Mei en kleintjies verlaat nes in Sept-Okt. Hierdie paar broei baie laat.