Elanus caeruleus Black-winged Kite Blouvalk
Mooimeisiesfontein, Jan 2018
Standvoël. Algemeen en wydverspreid (waargeneem in 63% van die pentads) maar kom veral voor in areas waar vorige of huidige landelike ontwikkeling die boslandskap met grasvlakte vervang het. Maak jag op knaagdiere grootliks veral op dagliewende spesies soos die Otomys en Rhabdomys. Die voorkoms van hiedie voëls in sekere areas wissel van tyd tot tyd na gelang van hoeveel knaagdiere daar is. Uit inligting ingewin van geringde voëls in ander gebiede wys dat hierdie voëls selde baie lank in een plek vertoef en hulle beweeg wydverspreid oor Suid-Afrika heen, waarskynlik in reaksie op sikliese veranderinge in die knaagdierbevolkings. Hulle broei in die laat somer.
Verdracht, Mar 2020