Ciconia ciconia White Stork Witooievaar
Bateleur Nature Reserve, Des 2017
Nie-broeiende besoeker vanuit die Palearktiese streek hoofsaaklik tussen Oktober en Maart. Enkelinge bly heeljaar hier. Beperk tot landbou-areas (slegs in 14% van die pentads waargeneem) en meestal in die suide waar die jaarlikse reënval >600 mm is. Kom enkel voor asook in groepe en swerms; gedurende Maart 2018 is eenmalig 141 by Bokpoort getel. Dalk besig om te migreer?
Bateleur Nature Reserve, Des 2017