Ardea purpurea Purple Heron Rooireier
Kaingo Game Reserve, Julie 2023
Algemene standvoël en kom wydverspreid voor in biesie- en rietomlynde riviere en damme. Enkellopers word gereeld gesien. Tot dusver kon geen rekords opgespoor word van broeiplekke in die Waterberge nie. In goeie reënvalseisoene broei dosyne en selfs honderde in die nabygeleë vloedvlakte van die Nylrivier en die plaaslike voëls kom waarskynlik daarvandaan.
Modimolle, Jun 2018
Modimolle, Jun 2018
SwebeSwebe, Feb 2014