Tot op hede is daar 91 spesies naaldekokers en waterjuffers (saamgegroepeer as odonata) in die Waterberge geïdentifiseer. Hulle verteenwoordig meer as die helfte van die spesies aangeteken in Suid-Afrika. Sien die lys hieronder en ‘n berekeningsblad van hierdie lys kan hier. afgelaai word. Spesies wat reeds gefotografeer is, is met ’n gemerk en hierdie foto’s kan besigtig word deur op die spesienaam te klik. Die vyf wat inrooi uitgelig is, is landswyd op die Rooi Data-lys (maar nie wêreldwyd nie). Nie een van die spesies is endemies aan die Waterberge (of selfs Suid-Afrika) nie en die meeste kom wydverspreid in die Bosveldbioom voor. Op streeksvlak verskaf die Waterberge die grootste blyplek vir al vyf spesies op die Rooi Data-lys. Daar is ‘n kort opsomming van die hoeveelheid en habitat-voorkeur van elke spesie in die Waterberge. Daar is ook meer leesstof hieroor beskikbaar wat hier afgelaai kan word.
Naaldekokers en waterjuffers is opsigtelike charismatiese waterinsekte langs die meeste riviere van die Waterberge. Protokol is reeds gevestig om odonata te gebruik as aanduiding van die toestand van riviere. Hulle is hoofsaaklik in die somer sigbaar. Die vlieënde volwassenes verskyn vroegsomer. Die hofmakery en broeiperiode geskied dwarsdeur die somer waarna hulle doodgaan. Enkele spesies migreer egter in die winter. Hulle oorleef gedurende die koue wintermaande as larwes onderwater om so die volgende seisoen se massa volwassenes die wêreld in te stuur.
Publikasies: Tarboton, W.R. & Tarboton, M. 2019. A guide to the dragonflies and damselflies of South Africa. Struik Nature: Cape Town
Samways, M.J. & Simaika, J.P. 2016. Manual of freshwater assessment or South Africa: Dragonfly biotic index. Suricata 2.